
Duisend Mpumalanga matrieks skryf môre misgeloopte wiskunde vraestel
Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal môre die skryf van die tweede Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid-vraestelle in Emalahleni (Witbank) monitor. 1-duisend-127 leerlinge het toestemming van die Departement van Onderwys om die vraestelle te skryf na hulle die oorspronklike vraestel misgeloop het weens redes buite hul beheer. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê in dié geval was dit weens gemeenskapsprotesaksie op 7 November.