
Ondersoek na matrikulante glo verneuk
Loading player...
Die departement van basiese onderwys het ‘n ondersoek geloods na beweringe dat matrikulante tydens die eindeksamen verneuk het. Meer as 'n duisend leerlinge in ses provinsies word betrek. In Mpumalanga het een-duisend-127 leerlinge in die Manyeleti-kring van Bohlabela-distrik glo tydens 'n ekonomie-vraestel verneuk. Hulle het onderwysers glo betaal om by WhatsApp-groepe aan te sluit waar antwoorde tydens eksamensessies gedeel is. Toesighouers het glo ook antwoorde aan leerlinge verskaf. 'n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê hulle verwelkom die ondersoek.