
TRAC waarsku oor druk verkeer op die N4 vandag en môre
Loading player...
TRAC sê druk verkeer word van vandag af verwag op die N4-tolpad. Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is vandag en môre sowel as die 23ste en 24ste die besigste op die roete. Alle bane is oop vir verkeer en tol-plazas sal teen maksimum vermoë funksioneer. Alle konstruksiewerk is vir die feestyd ook gestaak.