
Nog ‘n vragmotorbestuurder is by Komatipoort ontvoer
Loading player...
‘n 42-jarige vragmotorbestuurder is Vrydag deur wetstoepassers gered na hy Donderdag naby die Lebombo-grenspos ontvoer is. Volgens die polisie is ‘n losprys van 50-duisend-Rand by sy werkgewer geëis. Twee verdagtes is aangekeer. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê ‘n windbuks, messe, verskeie selfone en ‘n groot bedrag kontant is in hul besit gevind. Hulle sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op klagte van ontvoering en die besit van gesteelde goedere. Die ondersoek duur voort.