
Betaling aan 'gestrande' studente in Rusland vorder
Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy het vordering gemaak met die betaling van studiegelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum. Klasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer. Volgens Sambo is die vertraging in betaling weens sommige universiteite wat fakture nie direk aan die departement wou lewer nie. Hy sê die Spesiale Ondersoekeenheid is gevra om ‘n forensiese ondersoek te doen na die diensverskaffer wat die krisis veroorsaak het.