
Verdagtes gesoek wat kitsbank in Hazyview beroof
Loading player...
‘n Groep van ongeveer vier gewapende verdagtes het in die vroeë oggend ure ‘n kitsbank by ‘n vulstasie in Hazyview beroof. Volgens Kolonel Donald Mdhluli het hulle om ongeveer 01:40 ingestorm en die petroljoggies en sekuriteitsbeamptes met wapens aangehou. Hulle het ‘n kitsbank by die drankwinkel beskadig voor hulle die kitsbank by die vusltasie met plofstof oopgeblaas het. Hulle het met 'n onbekende bedrag kontant gevlug. Niemand is beseer nie.