
DA bekommerd oor oorbevolking van skole in Mpumalanga
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê die provinsiale regering moet dringend nuwe skole bou. Volgens Jane Sithole is skole oorbevolk en word daar jaar na jaar niks gedoen om meer plek te maak vir die oorweldigende aantal leerlinge nie. Sy sê die LUR, Bonakele Majuba, het erken skole ervaar infrastruktuur-uitdarings en die departement haal nie sy teikens nie. Sy sê dit plaas druk op onderwysers en benadeel leerlinge se opvoeding.