
Twee in hof na moord op Mkhondo-raadslid
Loading player...
Twee verdagtes is aangekeer en twee ingeneem vir ondervraging na die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu, ‘n ANC-raadslid, en twee kennisse in Piet Retief. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sal ‘n 43- en 52-jarige man vandag in die hof verskyn op klagte van die onwettige besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen met ammunisie. Daar is ook op ander vuurwapens beslag gelê.