
DA vra ingryping by Witrivier-waterkrisis
Loading player...
Die DA in Witrivier het aan die stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, geskryf om te vra dat daar dringend ‘n plan geformuleer word om die waterprobleme in Witrivier op te los. Volgens Raadslid Rowan Torr faal Mbombela-munisipaliteit reeds die afgelope twee jaar om aan inwoners skoon, drinkbare water te verskaf, weens probleme met infrastruktuur wat nou deur beurtkrag en lasvermindering vererger word. Dele van die dorp sukkel reeds vir langer as ‘n week met hul toevoer.