
Krugerwildtuin stropers swaar gevonnis
Loading player...
Drie stropers is gister in Skukuza swaar vonnisse opgelê na hulle skuldig bevind is op nege stropingsverwante aanklagte. Hulle is verlede jaar Julie in besit van ses renosterhorings aangekeer in die Krugerwildtuin na ‘n besoeker skote in die Malalane-area gehoor het. Lawrence Makamu en Nulo Burro moet elk effektief 22 jaar uitdien en George Miyanga moet 33 jaar agter tralies bly. Almal is Mosambiekse burgers. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla: