
VF Plus eis dringende ingryping in Witrivier-waterkrisis
Loading player...
Die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit, Wiseman Khumalo, gevra om dringend in te gryp in die Witrivier waterkrisis. Freddy Robertson voer aan beurtkrag is ‘n bydraende faktor tot die onvoldoende of geen watervoorsiening die afgelope ses weke, maar die munisipaliteit se gebrek aan beplanning en beheer oor waterbronne speel ‘n groot rol. Hy voeg by geen gebeurlikheidsplanne is in plek nie vir wanneer geen water vanaf die Boschrand- en Phumlani-pompstasies na Witrivier se reservoirs gepomp nie tydens beurtkrag.