
Mpumalanga se matriekuitslae is môre bekend
Loading player...
Die Mpumalanga onderwysdepartement is gereed om môre die provinsiale uitslae van die 2022 matriekeindeksamen aan te kondig. Die LUR, Bonakele Majuba, sal dit môreoggend by die Universiteit van Mpumalanga bekendmaak. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vanoggend die toppresteerders in Johannesburg ontvang. Sy maak vanaand die nasionale uitslae bekend. ‘n Woordvoerder van die provinsiale departement, Gerald Sambo, vra ouers om môreoggend saam met hul kinders hul uitslae by hul onderskeie skole af te haal.