
Minister besoek veldwagter wat deur olifant beseer is
Loading player...
Die veldwagter wat in Desember ernstig beseer is toe 'n olifant hom in die Pretoriuskop-area van die Krugerwildtuin bestorm het, sterk goed aan. Joe Nkuna is Saterdag deur die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, in die hospitaal in Johannesburg besoek. Sy sê hy het reeds verskeie operasies ontvang, en sy mediese span is tevrede met sy vordering.