Vyfde arrestasie gemaak na die moord op 'n ANC-raadslid in Mpumalanga
Loading player...
‘n Vyfde arrestasie is gemaak na die moord op 'n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit.
Sbonelo Ntshangase is op 13 Januarie saam met twee ander mans voor sy huis doodgeskiet.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala verskyn die vyfde verdagte vandag in die hof in Piet Retief op klagte van moord, poging tot moord en die steel van ‘n vuurwapen.
Twee mans het Maandag verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.
Die voormalige burgemeester van Mkhondo, Vusi Motha, word aangekla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Die eienaar van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy word aangekla van oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens. Hulle verskyn weer op 2 Februarie in die hof.