
Sekuriteitswag doodgeskiet tydens transitoroof tussen Witrivier en Hazyview
Loading player...
‘n Sekuriteitswag is vanoggend tydens ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview doodgeskiet. Die Fidelity-voertuig is deur ‘n onbekende aantal gewapende aanvallers voorgelê. 'n Skietery het uitgebreek. Die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig is noodlottig gewond. Plofstof is gebruik om die geldwa oop te skiet. Die aanvallers het 'n Mercedes wat hulle tydens die aanval gebruik het, aan die brand gesteek voor hulle op die vlug geslaan het. Kyle van Reenen van Emer-G-Med: