
Vlieënier dood toe ligte vliegtuig neerstort
Loading player...
Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig is vanmiddag dood toe die vliegtuig kort na 3-uur neergestort het ‘n bietjie wes van die Ou Nelspruit-lughawe. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med was die vlieënier die enigste insittende. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.