
VF Plus: Vrywaar waterstelsel van beurtkrag
Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga sê waterpompe moet gevrywaar word van beurtkrag. Werner Weber sê beurtkrag veroorsaak dat byna elke munisipaliteit in Mpumalanga sonder water is omdat die pompe wat water aan die woongebiede verskaf, nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie. Hy voeg by dit is belangrik dat munisipaliteite gebeurlikheidsplanne, soos kragopwekkers of sonpanele, in plek het om watervoorsiening ten alle tye te verseker as 'n basiese reg van inwoners.