Lunch Punch: Susan Lombaard vertel Maroela Media is terug op lug

Loading player...
Ná ʼn stilte van meer as 80 uur is Maroela Media, die lekkerste kuierplek op die internet, weer terug in die kuberruim – en net so lekker soos voorheen.
Nadat RSAWeb, die internetdiensverskaffer waar die Maroela-webwerf gehuisves word, op Woensdag, 1 Februarie die slagoffer van ʼn kuberaanval was, was Maroela Media en talle ander mediahuise en webwerwe nie beskikbaar nie. Maroela Media het Saterdag die goeie nuus ontvang dat die webwerf weer op die lug is ná bykans drie dae – die langste wat Maroela nog ooit af was in sy byna 12 jaar van bestaan. Die Maroela-app is ook hierdeur geraak. Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, vertel meer.
6 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min