
Verkeersbeampte aan diens dood
Loading player...
'n Provinsiale verkeersbeampte is gistermiddag aan diens dood toe sy deur ‘n ligte afleweringsvoertuig getref is. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het Jeanette Mlangeni die bestuurder probeer stop omdat hy na bewering gevaarlik 'n ander voertuig verbygesteek het op die R544 tussen Emalahleni en Kriel. Die waarnemende LUR, Speedy Mashilo, sê sulke ongelukke kan vermy word as mense versigter bestuur. Die departementele woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die botsing word ondersoek.