Vermeende lid van 'n stropingsindikaat handig homself oor aan Valke
Loading player...
‘n 47-jarige man verskyn vandag in KaBokweni op aanklagte van handel in renosterhoring as deel van Operasie "Blood Orange". Dit volg na DNS van renosterhorings wat tydens ‘n deursoekoperasie by ‘n huis in Johannesburg bekom is, hom met die toneel verbind het.
Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is hy na bewering deel van die stropingsindikaat.
‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik en hy het homself aan die owerhede oorhandig.