
Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin oorstroom
Loading player...
Na groot volumes reën deur die nag is verskeie paaie en brûe in die Laeveld oorstroom. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê die Krokodilbrug-ingang is oorstroom en kan dus nie gebruik word nie. Die Paul Kruger-hek is wel intussen weer oopgestel. Hy raai besoekers aan die wiltuin egter aan om die paaie met "Geen Ingang"-bordjies en grondpaaie te vermy, selfs met 'n 4-by-4.