
Teerpaaie weer oopgestel in Krugerwildtuin
Loading player...
Teerpaaie in die Krugerwildtuin is weer oopgestel na oorstromings in die Suide gister SANParke genoop het om dit te sluit. Volgens woordvoerder, Ike Phaahla, bly gondpaaie as 'n voorsorgmaatreël gesluit. Buiten Krokodilbrug en Onder-Sabie is alle ruskampe oop. Die Skukuza-lughawe is ook operasioneel. Geen groot skade aan infrastruktuur is tot dusver aangemeld nie.