
VF Plus sê mense moet verhoed word om onder die vloedlyn te bou
Loading player...
Die VF Plus dring daarop aan dat die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit die wetgewing toepas wat inwoners verbied om permanente strukture binne die 50-jaar-vloedlyn te bou. Dit na verskeie huise wat klaarblyklik onder die vloedlyn gebou is, verspoel het met die huidige oorstromings in die Laeveld.
Volgens Monique Bornman, ‘n VF Plus-raadslid in Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, het die party reeds tydens 'n onlangse raadsvergadering versoek dat daar bewusmaking rondom vloedlyne geskep word.
Volgens Monique Bornman, ‘n VF Plus-raadslid in Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, het die party reeds tydens 'n onlangse raadsvergadering versoek dat daar bewusmaking rondom vloedlyne geskep word.