
Panorama interlaer-atletiek Vrydag by Malelane
Loading player...
Laerskool Malelane bied Vrydag die Panorama interlaer-atletiekbyeenkoms vir mediumskole aan. Atlete van Komatipoort, Graskop, Sabie, Numbi, Burgersfort en Steelpoort sal meeding. Die hoof van Malelane, Gerben Janse van Rensburg, sê hulle is vol moed dat die byeenkoms sal kan voortgaan, ondanks die ontwrigtings wat die afgelope week se reën en oorstromings te weeg gebring het.