
Laeveld Interlaer atletiek Saterdag by Nelspruit Primary
Loading player...
Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir groot skole in die Laeveld aan. Dit sou aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is daar besluit om dit eerder na Primary self te skuif. Die hoof, Werner van Tonder, sê as dit nie kon voortgaan nie, sou dit heeltemal afgestel word, eerder as uitgestel.