
Rampbestuurspanne bly op hoë gereedheid in die wildtuin
Loading player...
Die Krugerwildtuin sê hulle is dankbaar dat geen beserings aangemeld is tydens die oorstromings wat tans ervaar word nie. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie. Die Krokodilbrughek is vanoggend oopgestel slegs noodvoorraad om die wildtuin te bereik en is nie oop vir besoekers nie. Besoekers aan die wildtuin is aangeraai om uiters versigtig te wees. Krokodilbrugkamp en Onder-Sabie-kamp bly gesluit.