300 gesinne in Nkomazi ontruim weens oorstromings
Loading player...
Drie-honderd gesinne is in Nkomazi-munisipaliteit uit hul huise ontruim weens plaaslike oorstromings na volgehoude swaar reën. Grootskaalse skade is aan infrastruktuur in Nkomazi, Mbombela, Thaba Chweu en Bosbokrand aangerig.
Die grootste impak word in Nkomazi gevoel met huise wat oorstroom en ineengestort het. Die woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Cyril Ripinga, sê op plekke is brue weggewas en kan mense nie bereik word nie.