
Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit
Loading player...
Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit vir besoekers weens grootskaalse oorstromings. Die hoofroete tussen Onder-Sabie en Skukuza bly ook gesluit, na dit op drie plekke ineengestort het. Die H1-1 tussen Pretoriuskop en Malalane is weer oopgestel, sowel as die Letaba laagwaterbrug. Besoekers is aangeraai om uiters versigtig te wees. Woordvoerder, Ike Phaahla: