
LUR veroordeel groepsgeweld na drie glo gestenig is
Loading player...
Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Speedy Mashilo, het 'n beroep gedoen op gemeenskappe om nie die wet in eie hande te neem nie. Dit volg op die moord op drie mense in Vaalbank, na die liggaam van 'n vermiste agtjarige dogtertjie Saterdag in 'n pittoilet by hul huis ontdek is. Die 53-jarige Zele Papo Machika, sy 51-jarige vriendin en haar 32-jarige seun is na bewering gestenig. Volgens die polisie is Machika vroeër die week weens Nomsa Sambo se verdwyning ondervra. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi: