
Man aangerand na hy met vrou se liggaam in 'n sak betrap word
Loading player...
'n Man is gistermiddag in Barberton gearresteer na hy betrap is met die liggaam van 'n 19-jarige vrou in 'n swart plastieksak. Hy was glo besig om dit in 'n trollie na die Barberton-stortingsterrein te stoot toe verbygangers agterdogtig geraak het. Die 38-jarige verdagte moes deur die polisie gered word van 'n woedende skare wat hom aangerand het. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.