Ruskampe weer oopgestel in die wildtuin
Loading player...
Verskeie ruskampe wat weens swaar reën en oorstromings in die Krugerwildtuin gesluit was, is gister weer oopgestel vir besoekers.
Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê Krokodilbrug, Onder-Sabie en Talamati-ruskampe is weer oop, na die watervlakke genoegsaam gedaal het. Verskeie grondpaaie in die suide van die park bly gesluit. Die hoofroete tussen Onder-Sabie en Skukuza is ook toe na hy op drie plekke verspoel het.