Meer as 'n miljoen-Rand se dagga is in Delmas gekonfiskeer
Loading player...
'n Plaaswag het vroeg Maandagoggend 'n vonds van meer as 'n miljoen-Rand se dagga op 'n plaas buite Delmas gemaak.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 344 kilogram dagga in 31 sakke versteek in 'n voertuig. Dit het 'n geraamde waarde van 1-komma-drie-miljoen-Rand.
Dit volg na lede van die wag drie voertuie in ‘n mielieland opgemerk het. Toe hulle nader kom het twee bakkies weggejaag. Die bestuurder van ‘n Ford-voertuig het te voet gevlug. Die dagga is in sy voertuig gevind.