
Arrestasie gemaak na vrou en drie kinders se bylmoord in Piet Retief
Loading player...
‘n Verdagte is aangekeer wat na bewering ‘n vrou en haar drie kinders met ‘n byl doodgekap het in Piet Retief. Die polisie in Mpumalanga het Vrydag die liggame van die 47-jarige vrou, haar tweeling seuns van elf en haar sesjarige dogter in hul huis in Phola Park ontdek. Hulle is Dinsdag laas gesien en familielede kon nie met hulle kontak maak nie. Polisie woordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die huis was van buite gesluit. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Mkhondo-landdroshof verskyn.