
DA sê die ANC buit die ramptoestand in Nkomazi uit
Loading player...
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC-regering in Nkomazi-munisipaliteit daarvan dat hy die nasionale ramptoestand gebruik om kaders te bevoordeel. Nkomazi is ernstig geraak deur onlangse vloedskade wat tien lewens in die provinsie geëis het. Raadslid Nhlonipho Dlamini sê ‘n tydelike rampbestuursentrum is by Kamahlushwa-stadion opgerig met ‘n markiestent wat glo teen 40-duisend-Rand per dag gehuur moes word. Die tens is vir 15 dae gebruik. Hy sê dit is irrasioneel om dié geld te spandeer wanneer gemeenskapsale beskikbaar is.