
Die DA in Mpumalanga sê die provinsie moet ingryp in munisipaliteite
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê al 17 plaaslike munisipaliteite sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel. Volgens Trudie Grovè-Morgan het die geld wat plaaslike owerhede gevolglik hul krediteure skuld tussen 2019/20 en 2020/21 toegeneem tot 16-komma-5-miljard-Rand. Die owerhede wat in die 2020/21 boekjaar die grootste tekorte aangemeld het, is eMalahleni (R671 miljoen), Govan Mbeki (R608 miljoen), Mbombela (R383 miljoen), Lekwa (R329 miljoen) en Thaba Chweu (R305 miljoen).