
Jongman verdrink toe hy 10-jarige kind red
Loading player...
‘n Jongman het gister verdrink toe hy ‘n 10-jarige seun van verdrinking gered het in die Mzinti-rivier in Tonga. Die 22-jarige Mpumi Ntiwane het saam met vriende visgevang toe hy en die kind besluit het om oor te swem. Die seun het in die moeilikheid beland en Ntiwane het hom gehelp. Hy het egter onder die water verdwyn. Sy liggaam is vanoggend deur polisieduikers gevind. Duikers het vanmiddag ook die liggaam gekry van ‘n man wat Maandag in die Nkomazi-rivier visgevang het. Brigadier Selvy Mohlala vra dat mense riviere vermy, aangesien watervlakke steeds hoog is na die afgelope weke se reën.