
Man kry lewenslank vir moord op die ma van sy kinders
Loading player...
# 'n Man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders. Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis. Hy het Ntombanyana Nkosi in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet. Hy het homself aan die polisie in Elukwatini oorgegee, maar na hy borgtog toegestaan is, versuim om te verskyn. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het hom in Desember in Soweto opgespoor.