
Pa in Malalane sny glo baba se keel af
Loading player...
‘n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie weke oue babaseuntjie keelaf gesny het. Volgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malalane. Toe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het nie, is die saak by die polisie aangemeld. Die baba se lewelose liggaam is in bosse gestort gevind. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sal die pa aangekla word van ontvoering, moord, regsverydeling en statutêre verkragting.