
Vermeende smokkelaars is by Lebombo-grenspos vasgetrek
Loading player...
‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek is Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer in besit van vervalste goedere. Volgens die Valke was hulle vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad. Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis Vuitton, Versace, Diesel, Polo en Gucci wat in hul vragmotor gevind is, het ‘n geraamde straatwaarde van 800-duisend-Rand. Hulle sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn.