
19 verdagtes verskyn in Nelspruit vir bedrog met Gems-mediese skema
Loading player...
Negentien mense het in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Mediese Skemas. Volgens die Valke het hulle die mediese fonds, Gems, uit 2-komma-3-miljoen-Rand bedrieg. Hul borg wissel van een-duisend tot vyf-duisend-Rand. Een beskuldigde, ‘n pensioenaris, is op waarskuwing vrygelaat. Die saak kom weer op 28 Maart voor. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê nog arrestasies word verwag.