
Mpumalanga begroting met gemengde gevoelens begroet
Loading player...
Die DA in Mpumalanga het gemengde gevoelens oor die begrotingsrede wat Dinsdag deur die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumelelo Hlophe, gelewer is. Bosman Grobler sê hulle is bekommerd dat daar geen strategie is om armoede te verlig nie en dat die provinsie homself nie kan befonds nie, maar afhanklik is van toewysings van die nasionale tesourie. Hulle is ook besorg oor die regering se volgehoue ondersteuning van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap en dat nog R90 miljoen op die Internasionale Varsproduktemark gemors gaan word.