Onderwysdepartement betreur die dood van twee leerlinge op die N4
Loading player...
Die Mpumalanga onderwysdepartement het sy medelye betuig aan die skoolgemeenskappe wat geruk is deur ‘n noodlottige ongeluk op die N4 vanoggend.
Twee minibus-taxi’s en ‘n vragmotor het tussen Vosman en eMalahleni gebots.
Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekondêr, Greendale Combined en TP Sililo Sekondêr.
Twee leerlinge van Greendale Combined School is dood. Verskeie leerlinge is ook beseer.
‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hulle sal beradingsdienste beskikbaar stela an almal wat geaffekteer is.