
Mans in hof na moord op verkeersbeampte
Loading player...
Twee verdagtes verskyn vandag afsonderlik in die Witrivier-landdroshof na die moord op ‘n verkeersbeampte Saterdag. Die 60-jarige Judas Chiloane was die hoof munisipale verskeersbeampte toe hy tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet is met sy eie vuurwapen. Twee 35-jarige verdagtes is Maandag by Shabalala Trust gearresteer. Volgens die Valke word die een aangekla van die moord en die ander vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen.