
DA sê Mkhondo-paaie is op die randjie van ineenstorting
Loading player...
Die DA sê die paaie in Mkhondo-munisipaliteit paaie is op die randjie van ineenstorting. Volgens koukus-leier Irene Brussow is dit grootliks te wyte aan meer as 600 vragmotors wat daagliks deur Piet Retief ry om steenkool na Richardsbaai te vervoer. Sy sê dit het so te sê onmoontlik geraak vir gewone voertuie om die paaie te gebruik.