
DA sê die staking deur Nehawu affekteer steeds gesondheidsdienste in Mpumalanga
Loading player...
Die DA sê die staking deur Nehawu affekteer steeds gesondheidsdienste in Mpumalanga. Volgens Jane Sithole moes pasiënte in die kraamsale by Tonga-, Shongwe-, en Rob Ferreira-hospitale met die hulp van ander pasiënte geboorte skenk omdat gesondheidswerkers wat nie aan die staking deelneem nie, toegang tot dié hospitale geweier word deur stakende lede. Sy sê hulle is besorgd dat dit tot verdere lewensverliese sal lei.