
Taxi-operateurs in Witbank val glo polisiestasie aan
Loading player...
Drie-en-twintig verdagtes verskyn vandag in die hof vir openbare geweld na hulle Maandagaand die Witbank-polisiestasie aangeval het. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het hulle geëis dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot moord, vyrgelaat word. Hulle het polisiebestuur glo gedreig en die stasie met klippe bestook. Die 33-jarige moordverdagte verskyn ook vandag in Emalahleni.