
Danie Rossouw-rugbyweek vanaf Saterdag in Witrivier
Loading player...
Die jaarlikse Danie Rossouw-rugbyweek vind vanaf Saterdag tot volgende Woensdag in Witrivier plaas. Dit is reeds die tiende bestaansjaar vir hierdie rugbyskouspel vir hoërskole in die Laeveld. Nico Bekker van Hoërskool Rob Ferreira sê 58 spanne van 18 skole so vêr as KwaZulu-Natal, Limpopo en Gauteng neem deel.