
DA besorg oor vermeende aanval op polisiestasie
Loading player...
Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die aanval Maandag op die polisiestasie in Witbank. Drie-en-twintig verdagtes is gearresteer vir openbare geweld na hulle na bewering die stasie met klippe bestook het. Hulle sou geëis het dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot moord, vrygelaat word. Trudie Grové-Morgan van die DA sê taxi-bestuurders moet saam met die polisie en gemeenskappe werk om misdaad te bestry.