
Man in Witrivier doodgeskiet
Loading player...
‘n Verdagte is gearresteer na hy Saterdagaand glo ‘n man voor ‘n seekosrestaurant in Witrivier doodgeskiet het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med wat op die noodoproep reageer het, het die twee mans ‘n hewige argument voor die eetplek in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan gehad. Een het ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en die ander noodlottig gewond. Die verdagte is op die toneel aangekeer.