
MRK gevra om leerling- en onderrigmateriaal in Mpumalanga te ondersoek
Loading player...
Die DA het aan die Menseregtekommissie geskryf om die impak te ondersoek van die groot afname in die Mpumalanga Onderwysdepartement se begroting vir leerling- en onderrigmateriaal. Volgens Jane Sithole is daar in 2023 68-miljoen-Rand minder spandeer. Sy sê hulle is aan die begin van die akademiese jaar oorval deur klagtes van ouers en onderwysers dat hulle nie van genoegsame skryfbehoeftes en boeke voorsien is nie. Ouers is gevra om dié gapings te vul. Sithole sê die kurrikulum het nie verander nie, en leerlinge word jaarliks meer.